Ons Leraars


Ek is getroud met Cori (nooi Terblanché) en het drie kinders, Johaniel, Tabi en Leri. Ek matrikuleer by Jim Fouché Hoërskool. Studeer op Maties 1979 — 1984. Studeer verder op Tukkies (Pretoria) 1985 en behaal D.D.-graad 1996. Onderwerp van my proefskrif: Geslagsrolidentiteit: ‘n Prakties Teologiese ondersoek na die patriargale geslagsrols- tereotipe en geloofsvolwassenheid. In 2006 behaal ek B.Phil (Maties). Ek hou die rekord vir die leraar wat die langste by die Ooskerk is! niekie@ooskerk.org.za


Ek trou in 1999 met Jaco, predikant by ECHO Jeugontwikkeling en NG Gemeente Villieria en het twee dogtertjies: Katinka, 6 jaar oud en Mathilda, 2 jaar. Ek word in 2000 bevestig as medeleraar by NG Pretoria-Oos en ontvang in Mei 2006 my Doktorsgraad met die proefskrif tema:Vyf dogters van Eva skilder ‘n Engel: Die gebruik van terapeutiese kuns in die uitlewing van spirituele identiteit by jong volwasse vroue.

My passies sluit in prediking, spiritualiteitsontwikkeling, kuns, kreatiwiteit, estetika, bediening aan vroue, kinder- en gesinsbediening, en die LEWE! marina@ooskerk.org.za


Getroud met Marlisa, ons het ‘n dogtertjie, Marise. Ek en Marlisa studeer in Bloemfonteinen – kinders van die Vrystaat! Ek word bevestig in my eerste gemeente Taaibosspruit op Kragbron, waarna ek vertrek na Heilbron in die Vrystaat. Ek word op 3 Augustus 2008 bevestig by Pretoria-Oos. My passies is mense en sport!paulus@ooskerk.org.za

Comments are closed.