

Kantoor personeel


Gebore op 11 Augustus 1983. Ek het skool gegaan te Wonderboom Hoërskool (2001). Ek is getroud met Bennie Marais en het twee seuntjies. Ek werk by die Kerkkantoor Voorheen was ek werksaam by die SA Polisiediens. beatrix@ooskerg.org.za


Gebore in Pretoria, grootgeword, skoolgegaan en studeer op Ellisras. In 1997 terug na Pretoria. Een dogtertjie van 8 jaar. Werk by die Ooskerk sedert 1 Februarie 2006. Hou van lees, swem, pluimbal en mense. heidi@ooskerg.org.za


Alta is gebore op 25 Maart 1946. Sy is getroud en het 3 kinders en 2 klein kinders. Hulle woon vir ongeveer 6 jaar in die buiteland, eers in Skotland daarna in Nederland. Met ons terugkoms in 1980 doen ons 14 jaar Parlementêre diens en bly vir 6 maande in Pretoria en 6 maande in Kaapstad. Ons is reeds sedert 1989 in die gemeente toe die kinders in Affies se koshuis kom woon het. Na Parlementêre diens in 1994 vestig ons ons permanent in Pretoria en in die gemeente. alta@ooskerg.org.za


Gebore 23 Februarie 1949. Einde 1966 voltooi ek my skoolopleiding aan die Hoër Landbouskool Generaal Koos de la Rey, Sannieshof. Daarna sluit ek by die SA Polisie aan en voltooi my opleiding in 1967. Ek werk onder andere vir die Suid-Afrikaanse Kriminele Buro as vingerafdrukdeskundige, die Uniform-afdeling en in die Veiligheidspolisie as navorser en ondersoeker. Ek is getroud met Susan en het drie kinders Cecilia, Santie en Bennie en tans vier kleinkinders.