Vier met inspirerende aanbidding
Ons kom weekliks bymekaar om te vier wat God in en deur ons lewens en die gemeenskap doen.

Dien deur diens na binne en buite
Ons maak namens God ‘n verskil in die geloofsgemeenskap en die wêreld soos wat ons ons gawes, talente, tyd, bronne en passie in God diens stel.

Leer, opleiding en ontwikkeling
Ons groei doelbewus in ons kennis, begrip en aanvoeling.

Deel met mekaar groepe
Ons leer ken mekaar se belangstellings en doen dinge saam.

Leefstylgroepe
Ons leer ken mekaar se belangstellings en doen dinge saam.

On-line
Jong werkendes kom Donderdae 18:30 bymekaar om te besin oor hoe om meer ‘connected’ te leef… met God, met mekaar en met onsself.

Sonskynland
“Laat die kindertjies na My toe kom, en moet hul nie verhinder want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.” – Lukas 18:16

Dit is die waarheid waarop die Sonskynland bediening gebaseer is. Elke Sondag word Koninkryksbeginsels aan Pretoria oos se kleuters geleer, en word hul toegerus om as Koningskinders te gaan leef!

Kontak die kerkkantoor vir algemene navrae by 012 – 344 1950, info@ooskerk.org.za

Comments are closed.