Sun Sparrows Kleuterskool
Ons gemeente is betrokke by Sun Sparrows Kleuterskool in Sunnyside. Die Kleuterskool is gelê in Mearsstraat in ’n ou pastorie van Pretoria-gemeente. Die skool het reeds hulle maksimumkapasiteit van 50 oorskry en het tans 59 ingeskrewe kleuters en 9 personeellede. Daar bestaan ‘n toenemende behoefte aan finansiële steun, spesifiek met betrekking tot die borg van skoolfonds aangesien al meer ouers nie langer in staat is om die skoolgelde te betaal nie. Behalwe vir die geloofsgemeenskap se maandelikse finansiële betrokkenheid, is ons ook op allerlei tasbare maniere betrokke deur hulp, skenkings en vrywilligers. Hierdie projek simboliseer iets van ons as gemeente se oortuiging dat dit ons taak is om te help om ‘n stem te gee aan die stemloses en om nie onsself op ‘n eiland te isoleer nie, maar direk betrokke te wees by die gemeenskap.

Lewer diens deur:

  • Die beursfonds te ondersteun
  • Engelse klasse aan te bied vir die kinders en personeel
  • Rekenaarklasse aan te bied vir die personeel
  • Terapiedienste
  • Die MySchool kaart te gebruik
  • Jou kundigheid aan te bied om die kleuterskool te help (Rekenaarvaardigheid, nutsman, ens.)

Kontak vir Retha Erasmus by die Kerkkantoor by 012 344-1950, retha@ooskerk.org.za

Margaretha Ackerman huis vir bejaardes
‘n Tehuis vir minder bevoorregte en verswakte bejaardes met ‘n afdeling vir hulpbehoewende lede van die gemeenskap wat meestal werkloos is as gevolg van ‘n minder ernstige vorm van gestremdheid.

Lewer diens deur:

  • Beddegoed, handdoeke, klere.
  • Finansiële hulp
  • Ondersteun en bak koek vir die jaarliksekermis in Mei.
  • Help om ‘n tee vir die bejaardes aan te bied in September

Kontakpersoon: Eben Brümmer, 083 409 4203

Vostpark gemeenskapsentrum
Gereelde persoonlike kontak is moontlik aangesien dié sentrum ‘n paar blokke van ons kerk geleë is. Die veelvuldige dienste wat hulle aanbied, lewer ‘n groot bydrae om die nood van baie in Sunnyside en omgewing te verlig. ‘n Kleuterskool van ongeveer 100 kleuters en kos aan haweloses (65 monde) funksioneer vanuit die sentrum.  Die gemeente dra mildelik by met klere, skoonmaakmiddels, linne, en dies meer.

Etekaartjies geborg deur die gemeente, word aan mense wat ‘n behoefte aan maaltye het, uitgereik en sulke persone kan dan op ‘n gereelde basis etes by die sentrum kry.

Lewer diens deur:

  • Klere, skoene en speelgoed
  • Nie bederfbare kos
  • Hande en tyd
  • Finansiële hulp

Kontakpersoon: Eben Brümmer, 083 409 4203

Noodfonds
‘n Spesiale maandelikse kollekte word ingesamel vir hulp aan persone in nood.

Kontakpersoon: Joubert Bosman, 082 441 4652 of die kerkkantoor by 012 344-1950.

Begrafniskommitee
Tee, koffie, sap en toebroodjies word vir begrafnisse van gemeentelede voorberei en bedien. Kontak die kerkkantoor by 012 344-1950, info@ooskerk.org.za

Kontak en Omgee-aksies
Gefokus op nuwe lidmate en lidmate met behoefte aan voorbidding.

Lewer diens deur:

  • Nuwe lidmate te ontvang en tuis te laat voel
  • Lidmate in geestelike nood te ondersteun
  • Voorbidding

Kontakpersoon: Jan Pretorius, 082 454 8858 of die kerkkantoor by 012 344-1950, info@ooskerk.org.za

Mariaskool
Klasse vind elke Donderdag, behalwe die eerste Donderdag van die maand plaas. Die leidsters vergader vanaf 14:15 tot 14:30 vir gebed, beplanning en bespreking van probleme. Vanaf 14:30 word ‘n gesamentlike Godsdiensklas aangebied wat bestaan uit sang, gebed en ‘n boodskap. Die afgelope jaar het 45 dames die klasse bygewoon, waarvan die meerderheid naaldwerk doen. Die lees- en skryfklasse word deur 6 dames bygewoon.

Lewer diens deur: Aanbied van naaldwerk-, brei-, hekel-, geletterdheidsklasse. Kontakpersoon: Lydia Els, 082 577 5087

Sosiale geleenthede
Gemeente-feeste bv. ‘n jaarlikse skaapbraai, Kersete, Paastee en geselligheid vir senior lidmate.

Lewer diens deur:

  • Voorbereiding en versiering van lokaal.
  • Tree op as gasheer

Kontak: die kerkkantoor by 012 344-1950, info@ooskerk.org.za

Hospitaalbesoek
‘n Gemeentlid lê een maal per week besoek af by die Zuid Afrikaanse en die Jakaranda hospitale.

Lewer diens deur:

Siek persone in jou area in die hospitaal te besoek. Raadpleeg Jan Pretorius vir leiding. Kontakpersoon: Frik Grobler,  082 332 0587

Naaldwerkopleidingsentrum
Die doel van die sentrum is armmoedeverligting.  Behoeftige vroue word opgelei in handvaardigheid en bemagtig sodat hulle instaat is om daardeur ‘n inkomste te genereer.  Die opleiding word daagliks in die bokamer bo die Saal aangebied en besoekers is welkom.  Dertig vroue word vir ‘n periode van 6 maande opgelei, 6 vroue per dag vir 4 ure.

Lewer ‘n bydrae deur:

  • Naaldwerkmasjiene te skenk
  • ‘n Naaldwerkpakket vir ‘n vrou te borg teen R100.00
  • Behoeftige vroue wat belangstel aan die opleiding bekend te stel
  • Hulp om afsetgebiede vir die produkte te vind
  • Koffie/tee en broodjies vir die vroue te borg teen R20 per dag of R100 per week

Kontakpersoon:  Annemarie Bezuidenhout, 072 347 5230

Zambië sending
André en Martie van Zyl het ‘n roeping om sendingwerk te doen in Zambië en is in Maart 2009 deur die gemeente uitgestuur.  Hulle het kruis-kulturele opleiding in Zambië ontvang en poog om in die weste van Zambië mense op ‘n holistiese wyse te bereik deur ‘n program wat “farming God’s way” genoem word.

Lewer ‘n bydrae deur:

  • André en Martie finansieël te ondersteun (Selfs R50 ‘n maand beteken vir hulle baie)
  • Op hulle stuursel te dien
  • Te help met fondsinsameling
  • Hulle kinders in SA logistieke steun te bied

Kontak:  Martha Venter, 083 258 7458 / martha.venter@vodamail.co.za of Retha Erasmus by die Kerkkantoor.

Harmonie Oord
Harmonie Oord is nie ‘n formele ouetehuis nie, maar bied inwoning aan 187 bejaardes wat meestal net ‘n ouderdomsensioen verdien.  Bejaardes ontvang een ete per dag en moet self hulle kamers skoonmaak en hulle eie wasgoed doen.

Lewer ‘n bydrae deur:

  • Die bejaardes te besoek
  • Nie-bederfbare kos en klere
  • Kreatiwiteitsessies aan te bied

Kontak:  Retha Erasmus by die Kerkkantoor / retha@ooskerk.org.za

Veritas
Veritas is opleidingsmateriaal wat ontwikkel is om leke predikers op te lei om die Bybel aan ander te verduidelik en uit te lê sonder dat hulle spesiale hulpbronne nodig het.  Hannes Niemann en Martha Venter is opgelei om die vier modules aan te bied.  Hannes het gedurende 2010 9 evangeliste opgelei in module 1 en is tans besig om 5 op te lei in module 2.

Kontak:  Hannes Niemann, 082 807 1473

Comments are closed.