Fotografie
Ons kom een maal per maand by die Kerk bymekaar en bespreek verskillende fotografiese tegnieke en komposisies. Almal is welkom om by ons in te skakel, dit maak nie saak of jy ‘n professioneel of ‘n beginner is nie.

Kontakpersoon: Francois Theron 082 551 1951

Smulpaap
Ons is fanaties oor spys en drank. Ons geniet lekker kos. Ons leer om nuwe disse te maak en ook van volksvreemde disse. Ons het ook geleenthede waar ons by interessante restaurante lekker saam gaan eet.

Kontak persone: Corrie Terblanché Lamprecht 079 529 7297 corit@mweb.co.za

Afval Gilde
Ons het ‘n lekker saam kuier geleentheid een maal per maand by Loftus Klub 2000. Hulle berei vir ons elke keer ‘n heerlike dis. Daar is ook ‘n beesstowwe gereg vir die wat nie afval-eters is nie, maar wel lekker saam wil kom kuier.

Kontak persoon: Martha Venter 083 258 7458.  Epos vir voorstelle en of besprekings kan gestuur word na afval@riskdiversion.com

Fliek
Ons kom bymekaar en gaan kyk ‘n lekker fliek saam. Enige een is meer as welkom. Hou gerus die Ooskerk dop vir ons volgende byeenkoms.

Kontak persoon: Petra en Ernst Punt 084 484 0824

Braai
Almal wat daarvan hou om rondom die braaivleisvure te kuier is meer as welkom om by ons aan te sluit. Ons braai een maal per maand direk na die oggenddiens. Jy bring jou eie vleis en eetgerei en drinkgoed en ons verskaf die vuur.

Kontak persoon: Christine Boshoff 082 584 8808

Stap
Ons stap lekker saam. Gewoonlik behels dit dat daar uitgeslaap word. Die roetes wissel van moeilikheidsgraad. Hou gerus die Ooskerk dop.

Kontak persoon: Wynand Burger 083 444 7848, wyn@mweb.co.za

Verdere leefstylgroepe se inligting sal binnerkort beskikbaar wees.

Comments are closed.