Kreatiewe spiritualiteit
Kom leef jou spiritualiteit uit op ‘n sigbare, tasbare en kreatiewe manier! Kontakpersoon: Marina Strydom, 084 800 8931

Huweliks- en verhoudingsbou-kursusse
Vir paartjies wat op trou staan en vir getroudes (minder as 1 jaar). Kontak die kerkkantoor by (012) 344 1950, alta@ooskerk.org.za

Junior Kategese
Die Modkats-kategeseprogram vorm die basis van die onderrig met die doel om kinders binne ses jaar op so ‘n manier deur die Bybel te begelei dat hulle die belewenis het dat God se storie en hulle stories mekaar op ‘n wonderbaarlike wyse ontmoet. Kontakpersone: Willie Matthysen, 082 556 8726 en Paulus Burger, 082 578 5157, paulus@ooskerk.org.za

Laai die Modkats junior kategese jaarprogramme hier af.

Senior Kategese
Ons volg ook die Modkats-kategese program by die Senior Kategese.  Ons kuier kwartaaliks saam in ‘n grootgroep en ontmoet dan weekliks in kleingroepe.  Dit is ‘n lekker vars manier om ander jongmense te leer ken en ook saam in ons verhouding met God te groei.  Kontakpersone:  Joubert Bosman, 082 441 4652, aloegel@icon.co.za en Paulus Burger, 082 578 5157, paulus@ooskerk.org.za

Laai die Modkats senior kategese jaarprogramme hier af.

Comments are closed.