Dit is die waarheid waarop die Sonskynland bediening gebaseer is. Elke Sondag word Koninkryksbeginsels aan Pretoria oos se kleuters geleer, en word hul toegerus om as Koningskinders te gaan leef! Die Kiddi Beat Gospel kurrikulum word gebruik wat die Bybelverhale vir die kleuters lewendig maak deur gebruik te maak van multimedia en interaktiewe aktiwiteite. Die kleuters geniet dit geweldig om elke Sondag hul eie erediens te hê waar hul kan sing, dans en speel voor die Kruis.

Kiddi Beat Gospel het ook ‘n DVD beskikbaar gestel wat in die kerkkantoor beskikbaar is vir R130. Dit bring die evangelie en die liedjies wat die kleuters by Sonskynland sing tot binne in hul woonvertrekke elke dag van die week.

Sonskynland word in twee groepe verdeel nl. 2-4jariges wat elke sondag in die bo-vertrek ontmoet, en die 4-6jariges wat in kamer 16 ontmoet.Die aanbieders is wonderlike liefdevolle tannies wat ‘n groot passie het vir die Here, Sy Koninkryk en Sy pêrels (kleutertjies).

Die Sonskynland bediening is vol laggies en baie spesiaal. Dis wonderlik om so by God se Koninkryk betrokke te wees en so Sy lig uit te straal en vir Jesus te skyn!

Enige navrae kan gerig word aan Marie du Plessis 084 847 6892

Comments are closed.