

Oggenddiens
Sondae om 9:00 in die kerk Kontak die kerkkantoor by 012 344-1950
Gesinsdiens
Die Gesinsdienste word in die saal aangebied in dieselfde tydgleuf as die gewone erediens. Ouers ervaar hierdie bediening baie positief aangesien dit aan hulle as gesin die geleentheid bied om saam ‘n diens by te woon waarby almal in die gesin betrek word.
Sondae om 9:00 in die kerksaal (nie tydens vakansies nie). Kontak die kerkkantoor by 012 344-1950, info@ooskerk.org.za
Kleuterdiens (Sonskynland)
Sonskynland vorm deel van die gesinsdiens. Kontak die kerkkantoor by 012 344-1950, info@ooskerk.org.za
Aanddiens
Sondae om 19:00 in die kerk. Kontak die kerkkantoor by 012 344-1950
Kuier-na-Kerk (KNK)
Elke laaste Sondagaand na die aanddiens kuier ons lekker saam (met ‘n verrassing) in die teetuin. Kontak die kerkkantoor by 012 344-1950, info@ooskerk.org.za
Lofprysing
Die Jeugwerker, Colin Hill, neem tans die leiding ten opsigte van die tegniese- en geestelike aspekte van die lofprysing. Die lofprysing is ‘n geseënde bediening aan die koshuistieners van AHS en AHMP. ‘n Nuwe klankstelsel is geïnstalleer wat baie bydra tot die gehalte van musiek wat aangebied word.
Donderdae om 18:00 in die kerksaal. Kontakpersoon: Colin Hill, 082 874 1735 of die kerkkantoor by 012 344-1950, info@ooskerk.org.za
Musiek
Orrelis en koördineerder: Ockie Vermeulen, 082 444 6057
