Ons Roeping
Ons is oortuig dat God wil hê dat ons in alle omstandighede voluit sal lewe – die bron van die lewe is God en sy geopenbaarde insigte. Ons glo dat God ons roep om ‘n passie vir dié lewe te hê en dit in ander wakker te maak.

Ons strewe is om
In alles wat ons doen, op ons eie sowel as saam met ander, hierdie roeping om voluit te leef onder alle omstandigede waar te maak.

Mekaar en ook ander mense te help om in gesonde, helende, opbouende en bevrydende verhoudings met God, hulleself en hulle medemens te leef.

Op praktiese en sigbare maniere vreugde daarin te vind om oral in die wêreld, in elke verhouding, aan die Koninkryk van God gestalte te gee.

Ons gee gestalte hieraan deur die volgende bedieningsgroepe

  • Eredienste en aanbidding
  • Diens na binne
  • Diens na buite
  • Strategie en beleid
  • Opleiding en ontwikkeling
  • Passievolle spiritualiteitsontwikkeling
  • Opleiding en ontwikkeling
  • Kommunikasie
  • Administrasie, finansies en infrastruktuur

Comments are closed.